Monday, September 26, 2011

Palestina tert


Bestanddele

·         1 pakkie Marie-beskuitjies
·         1 koppie botter
·         2 eetlepels suiker
·         2 eetlepes fyn kaneel
·         Sap van 1 suurlemoen
·         Sap van 1 lemoen
·         1 eier
·         1 blik gekondenseerde melk

Aanwysings

1.       Rol die beskuitjies fyn en voeg suiker en kaneel by.
2.       Voeg die botter by en meng, druk in ‘n gesmeerde tertbod vas.
3.       Klits gekondenseerde melk, eier geel en sappe saam en vou die styfgeklopte eierwit in.
4.       Gooi die mengesel in die tertkors en bak in teen 200 C vir 10 minute.

My mooi land

Friday, September 23, 2011

Boere-ontbyt


Bestanddele

·         4 koppies gaar artappelblokkies
·         ½ koppie gekapte groenrissie
·         2 eetlepels gekapte ui
·         koppie kookolie
·         1 teelepel sout
·         ¼ teelepel peper
·         4 eiers
·         1 koppie kaasblokkies

Aanwysings

1.       Gebruik ‘n plat oondskottel en braai die artappels, rissie en ui in warm olie.
2.       Geur met sout en peper.
3.       Maak 4 holtes in die mengsel en breek in elke holte ‘n eier.
4.       Strooi die kaasblokkies oor en steek in die oond net totdat die eier gestol en die kaas gesmelt is.


My mooi land



Thursday, September 22, 2011

Gemmerbier



Bestanddele

·         4.5 l water
·         5 koppies suiker
·         1 koekie suurdeeg
·         1 bottel Jamaicagemmer
·         ½ eetlepel wynsteensuur

Voorbereiding

1.       Meng al die bestanddele goed en gooi in bottels
2.       Plaas bottels se proppe op en laat staan
3.       Kan na 12 ure gebruik word.


My mooi land

Wednesday, September 21, 2011

Tropiese-vrugteslaai



1.       Sny ‘n pynappel in die lengte deur.
2.       Skep die vleis uit.
3.       Maak ‘n vrugteslaai van pynappelballetjies lemoenskyfies, druiwekorrels, appelblokkies en piesangskyfies.
4.       Doop die appelblokkies en piesangskyfies in suurlemoensap om verkleuring te voorkom.
5.       Vul die halwe pynappels met die vrugteslaai en gooi 1 eetlepel sjerrie oor elke bakkie slaai.

My Mooi Land


Tuesday, September 20, 2011

Portugese kalfssvleis


Bestanddele
·         Knoffelsout na smaak
·         4-6 dun snytjies kalfsvleis
·         Vars gemaalde swart peper
·         1½ eetlepel botter en olie, gemeng
·         Sampioene, in skywe gesny
·         1 eetlepel tamatiepuree
·         ½ eetlepel tamatiesoous
·         1 eetlepel vrugte blatjang
·         1 eetlepel medium sjerrie
·         1½ eetlepel water

Metode

1.       Geur die kalfsvleis met varsgemaalde peper en knoffelsout.
2.       Braai dit dan liggies in die botter en olie in ‘n groot braaipan totdat dit aan albei kante ligbruin is.
3.        Kook al die ander bestanddele  5 minute lank saam in ‘n klein kastrolletjie terwyl die kalfsvleis gaar word.
4.       Giet dan die  sous oor die vleis en laat dit 1 minuut lank stadig kook.
5.       Sit dit op ‘n vleisskottel voor met fyngekapte pietersielie bo-oor gestrooi.
6.       Sit rys, spruitkool of groenbone, en ‘n slaai daarby voor.


My mooi land




Monday, September 19, 2011

Kerrie skaapvleis


Bestanddele

·         450 g skaapnek
·         2 klein uie
·         3-4 tamaties
·         110 g  rys
·         28 g vet
·         2 gelykvol  teelepels kerriepoeier
·         Knippie sout

Metode

1.       Sny die vleis in 2,5 cm blokkies.
2.       Skil en sny die ui en tamaties in skywe.
3.       Verhit die vet in ‘n vuurvaste oondskottel en braai ui daarin totdat dit goudbruin is.
4.       Voeg die kerriepoeier en sout by en daarna die vleis.
5.       Braai die vleis totdat dit bruin is .
6.       Voeg die tamaties en ‘n bietjie water by, indien nodig.
7.       Prut vir 1 ½ uur.
8.       Voeg water by, indien nodig
9.       Bedien met gaar rys.

My mooi land
Gamkaskloof in die Wes-Kaap

Sunday, September 18, 2011

Piesangroom


Bestanddele

·         4 teelepels vlapoeier
·         4 teelepels bruinsuiker
·         1 koppie melk
·         2 sponskoeke
·         4 eetlepels suurlemoensap
·         2 piesangs

Metode

1.       Meng die vlapoeier en die suiker met 4 eetlepels van die melk.
2.       Verhit die oorblywende melk tot kookpunt  en gooi oor die aangemaakte vlapoeier.
3.       Meng goed en gooi terug in die kastrol.
4.       Kook stadig vir 2 minute, terwyl  aanhoudend geroer word.
5.        Laat afkoel.
6.       Breek die sponskkoek in stukkies in 2 nageregbakkies.
7.       Gooi 2 eetlepels suurlemoensap oor die koek en laat staan vir 5 minute.
8.       Skil die piesang en sny in skywe.
9.       Sprinker oorblywende suurlemoensap daaroor.
10.   Rangskik die piesangskyfies oor die koek, maar hou ‘n paar skyfies uit vir versiering.
11.   Gooi die verkoelde  vla oor die koek en versier met die piesangskyfies.