Bestanddele
·
450 g skaapnek
·
2 klein uie
·
3-4 tamaties
·
110 g rys
·
28 g vet
·
2 gelykvol teelepels kerriepoeier
·
Knippie sout
Metode
1.
Sny die vleis in 2,5 cm blokkies.
2.
Skil en sny die ui en tamaties in skywe.
3.
Verhit die vet in ‘n vuurvaste oondskottel en
braai ui daarin totdat dit goudbruin is.
4.
Voeg die kerriepoeier en sout by en daarna die
vleis.
5.
Braai die vleis totdat dit bruin is .
6.
Voeg die tamaties en ‘n bietjie water by, indien
nodig.
7.
Prut vir 1 ½ uur.
8.
Voeg water by, indien nodig
9.
Bedien met gaar rys.
My mooi land
Gamkaskloof in die Wes-Kaap |
No comments:
Post a Comment