Bestanddele
·
Knoffelsout na smaak
·
4-6 dun snytjies kalfsvleis
·
Vars gemaalde swart peper
·
1½ eetlepel botter en olie, gemeng
·
Sampioene, in skywe gesny
·
1 eetlepel tamatiepuree
·
½ eetlepel tamatiesoous
·
1 eetlepel vrugte blatjang
·
1 eetlepel medium sjerrie
·
1½ eetlepel water
Metode
1.
Geur die kalfsvleis met varsgemaalde peper en knoffelsout.
2.
Braai dit dan liggies in die botter en olie in
‘n groot braaipan totdat dit aan albei kante ligbruin is.
3.
Kook al
die ander bestanddele 5 minute lank saam
in ‘n klein kastrolletjie terwyl die kalfsvleis gaar word.
4.
Giet dan die
sous oor die vleis en laat dit 1 minuut lank stadig kook.
5.
Sit dit op ‘n vleisskottel voor met fyngekapte
pietersielie bo-oor gestrooi.
6.
Sit rys, spruitkool of groenbone, en ‘n slaai
daarby voor.
My mooi land
No comments:
Post a Comment