Monday, April 25, 2011

Oorskiet skaapboud-gereg

Bestanddele

·         3 preie, gewas en in skyfies gesny
·         ½ 423 g blikkie sop
·         Oorskiet skaapboud-vleis in blokkies gesny
·         ½ soetrissie
·         ½ eetlepel souspoeier
·         Sout en peper

Aanwysings

1.       Sit die prei en gekapte soetrissie in ‘n bietjie kookwater en kook vir 5 minute.
2.       Dreineer.
3.       Gooi die sop in ‘n kastrol en voeg al die bestanddele, behalwe die vleis by.
4.       Roer aanhoudend en laat 5 mminute kook.
5.       Voeg’n bietjie water of melk by as dit te dik is.
6.       Voeg nou die vleis by en verwarm.
7.       Bedien dadelik met rys.

Mooi Suid-Afrika
Sonsopkoms, Barberspan in Noordwes

Sunday, April 24, 2011

Tuna–appelslaai

Bestanddele

·         1 kkoppie gevlokte tuna
·         ¼ koppie selderyskyfies
·         ¼ koppie appelblokkies
·         ¼ koppie mayonnaise
·         Sout en peper
·         Knypie rooipeper

Aanwysings

1.       Meng die vis, selderyskyfies, mayonnaise, sout , twee soorte peper en appelblokkies.
2.       Om verkleuring te voorkom, gooi suurlemoensap oor onmiddelik nadat die appel gesny is.
3.       Verkoel en bedien op vars slaaiblare.

Mooi Suid-Afrika
Naby Waterval Boven (Mpumalanga)

Saturday, April 23, 2011

Gebakte klapperpoeding

Bestanddele

·         55 g vars broodkrummels
·         28 g botter
·         280 ml melk
·         Gerasperde suurlemoenskil
·         2 teelepels konfyt
·         140 g strooisuiker
·         2 eiers
·         2 eetlepels klapper

Aanwysings

1.       Meng die broodkrummels, 2 eetlepels suiker,k lapper en suurlemoenskil in ‘n bak.
2.       Verhit die melk en botter en gooi oor die droë bestanddele.
3.       Laat staan vir 5 minute.
4.       Voeg die geklitste eiergele by en gooi in ‘n gesmeerde, vuurvaste skottel.
5.       Bak in ‘n matige oond by 180C vir 20 minute, totdat dit styf is.
6.       Klits die eierwit styf en klits diehelfte van die oorblywende suiker in.
7.       Vou die orige suiker in.
8.       Smeer konfyt oor die poeding en skep dan die meringue-mengsel oor.
9.       Bak in ‘n stadige oond by 150C totdat dit begin bruin word.

Mooi Suid-Afrika
Tierkloof Wandelpad

Friday, April 22, 2011

Tongvis in wit wyn

Bestanddele

·         Helfte van ‘n pakkie bevrore  tongvismootjies
·         ½ ui, dun skyfies gesny
·         1 eetlepel botter
·         ½ koppie wit wyn
·         ½ eetlepel asyn
·         110 g sampioene
·         Sout en peper

Aanwysings

1.       Plaas al die bestanddele behalwe sampioene en ½ eetlepel botter in ‘n dikboomkastrol.
2.       Sit die deksel op en stowe 10 minute.
3.       Soteer intussen die sampioene in die orige botter, voeg by die stoofgereg en voeg meer wyn by, indien nodig.
4.       Bak 10 -15 minute lank sonder deksel in ‘n warm oond by 200C.
Pragtige Suid-Afrika
Royal Natal Spa


Thursday, April 21, 2011

Bros gebakte hoender

Bestanddele

·         2 hoenderkwarte
·         Sout
·         2 opgehoopte eetlepels meelblom
·         Melk
·         2 klein pakkies aartappelskyfies

Aanwysings

1.       Vryf die hoender in met die sout en bedek met die meel.
2.       Rol die aartappelskyfies fyn op ‘n stuk waspapier.
3.       Doop die hoender in melk, dreineer en bedek dit dan met aartappelskyfiekrummels.
4.       Sit die stukke hoender met die velkant na bo op ‘n bakplaat en bak in ‘n voorverhitte oond by 180⁰ C vir 40- 45 minute of totdat die hoender sag is.
5.       Bedien warm saam met groente of koud saam met slaaie.

Pragtige Suid-Afrika
Mount Sheba - Mpumalanga


Wednesday, April 20, 2011

Besonderse hoenderslaai

Bestanddele

·         ½ slaaikop, gesnipper
·         225 g gaar hoenderblokkies
·         ½ vars pynappel, blokkies gesny
·         ¼ koppie rosyne
·         1 eetlepel blatjang
·         ½ eetlepel klapper
·         ¾ koppie mayonnaise
·         1 eetlepel  kerriepoeier

Aanwysings

1.       Meng  hoender vleis , pynappel en blaarslaai.
2.       Strooi rosyne en klapper oor.
3.       Roer die blatjang in die mengsel.
4.        Voeg  die kerriepoeier  by die mayonnaise en meng deeglik.
5.       Gooi oor die vleismengsel, meng  en verkoel.

Pragtige Suid-Afrika
Gariep Dam

Tuesday, April 19, 2011

Lamsbredie met boontjies

Bestanddele

·         340 g stowe lamsvleis
·         1 klein ui
·         1 eetlepel vet of olie
·         1 klein blikkie boontjies in tamatiesous
·         1 teelepel tamatie pasta
·         1 eetlepel tamatie sous
·         1 eetlepel Worcesterhire sous
·         ¼ teelepel gemengde kruie
·         Knypie knoffelsout
·         Sout en varsgemaalde peper na smaak

Aanwysings

1.       Braai die vleis en die gesnyde ui liggies in die vet of olie totdat dit ligbruin is.
2.       Plaas in ‘n oondskottel met ‘n deksel en gooi die ander bestanddele bo-oor.
3.       Maak die skottel toe en bak dit 2 uur lank, of totdat die vleis sag is, in ‘n matige oond by 180 C.
4.       Sit dit met ertjies of slaai, en kapokaartappels voor.

Hier is 'n mooi foto eie aan Suid-Afrika

Monday, April 18, 2011

Ham-nessies

Bestanddele

·         2-4 eetlepels botter
·         450 g kappokaartappels
·         ½ eier, geklits
·         2 eetlepels melk
·         Sout en peper
·         Melk

Vulsel

·         1 eetlepel  fyngekapte ui
·         2 eetlepels botter
·         3 eetlepels meelblom
·         ½ koppie melk
·         ¼ koppie gerasperde Cheddar kaas
·         Sout
·         Peper
·         Aangemaakte mosterd
·         110 g ham, klein blokkies gesny
·         Pietersielie

Aanwysings
1. Voeg die botter by die kapokaartappels en meng deeglik.

2. Voeg die geklitste eier en melk by en klits liggies met ‘n vurk

3. Geur na  smaak.

4. Skep 4 hopies op ‘n gesmeerde bakplaat.

5.  Maak ‘n holte in die middel van elke hopie om ‘n nessie te vorm.

6. Smeer ‘n bietjie melk oor en bak in ‘n warm oond by 230⁰C vir 15 minute.

7. Braai die ui in die botter totdat dit sag en goudbruin is.

8. Roer die meelblom by en kook vir 1 minuut.

9. Verwyder van die hitte en voeg die melk baie geleidelik by.

10. Verhit stadig tot kookpunt terwyl  aanhoudend met ‘n houtlepel roer.

11. Kook vir 3 minute.

12. Voeg die kaas en geurmiddels by na smaak, verhit weer en roer laastens die ham in.

13. Skep die mengsel in die aartappelnessies.

14. Versier met pietersielie en bedien met slaai of warm groente.      
    
Geniet!                  

Groentesop met vleiskluitjies

Bestanddele

·         110 g bruismeel
·         Knippie peper
·         4 eetlepels water
·         Knippie sout
·         55 g gekerfde niervet
·         110  gaar,sout beesvleis
·         2 blikke groentesop

Voorbereiding

1.       Sif die meelblom en sout peper  saam  in ‘n bak.

2.       Voeg die niervet by.

3.       Sny die gaar sout beesvleis in blokkies en voeg by die meel.

4.       Meng tot ‘n stywe deeg met die water.

5.       Vorm 7-8 kluitjies met meelbestrooide hande.

6.       Verhit die sop tot kookpunt en voeg die kluitjies by.

7.       Sit ‘n deksel op en prut vir 15-20 minute.

Met die koue wat ons nou het sal dit lekker afgaan!!