Bestanddele
·
4 teelepels vlapoeier
·
4 teelepels bruinsuiker
·
1 koppie melk
·
2 sponskoeke
·
4 eetlepels suurlemoensap
·
2 piesangs
Metode
1.
Meng die vlapoeier en die suiker met 4 eetlepels
van die melk.
2.
Verhit die oorblywende melk tot kookpunt en gooi oor die aangemaakte vlapoeier.
3.
Meng goed en gooi terug in die kastrol.
4.
Kook stadig vir 2 minute, terwyl aanhoudend geroer word.
5.
Laat
afkoel.
6.
Breek die sponskkoek in stukkies in 2
nageregbakkies.
7.
Gooi 2 eetlepels suurlemoensap oor die koek en
laat staan vir 5 minute.
8.
Skil die piesang en sny in skywe.
9.
Sprinker oorblywende suurlemoensap daaroor.
10.
Rangskik die piesangskyfies oor die koek, maar
hou ‘n paar skyfies uit vir versiering.
11.
Gooi die verkoelde vla oor die koek en versier met die
piesangskyfies.
No comments:
Post a Comment