Bestanddele
· ½ slaaikop, gesnipper
· 225 g gaar hoenderblokkies
· ½ vars pynappel, blokkies gesny
· ¼ koppie rosyne
· 1 eetlepel blatjang
· ½ eetlepel klapper
· ¾ koppie mayonnaise
· 1 eetlepel kerriepoeier
Aanwysings
1. Meng hoender vleis , pynappel en blaarslaai.
2. Strooi rosyne en klapper oor.
3. Roer die blatjang in die mengsel.
4. Voeg die kerriepoeier by die mayonnaise en meng deeglik.
5. Gooi oor die vleismengsel, meng en verkoel.
Pragtige Suid-Afrika
Gariep Dam |
No comments:
Post a Comment