Bestanddele
· 3 preie, gewas en in skyfies gesny
· ½ 423 g blikkie sop
· Oorskiet skaapboud-vleis in blokkies gesny
· ½ soetrissie
· ½ eetlepel souspoeier
· Sout en peper
Aanwysings
1. Sit die prei en gekapte soetrissie in ‘n bietjie kookwater en kook vir 5 minute.
2. Dreineer.
3. Gooi die sop in ‘n kastrol en voeg al die bestanddele, behalwe die vleis by.
4. Roer aanhoudend en laat 5 mminute kook.
5. Voeg’n bietjie water of melk by as dit te dik is.
6. Voeg nou die vleis by en verwarm.
7. Bedien dadelik met rys.
Mooi Suid-Afrika
Sonsopkoms, Barberspan in Noordwes |
No comments:
Post a Comment