Bestanddele
· 110 g bruismeel
· Knippie peper
· 4 eetlepels water
· Knippie sout
· 55 g gekerfde niervet
· 110 gaar,sout beesvleis
· 2 blikke groentesop
Voorbereiding
1. Sif die meelblom en sout peper saam in ‘n bak.
2. Voeg die niervet by.
3. Sny die gaar sout beesvleis in blokkies en voeg by die meel.
4. Meng tot ‘n stywe deeg met die water.
5. Vorm 7-8 kluitjies met meelbestrooide hande.
6. Verhit die sop tot kookpunt en voeg die kluitjies by.
7. Sit ‘n deksel op en prut vir 15-20 minute.
Met die koue wat ons nou het sal dit lekker afgaan!!
No comments:
Post a Comment